6 Augustus 2020

Hierdie pragstuk is van Dolfhout (Namibiese Kiaat, wat algemeen in Suid-Angola voorkom) gemaak, en is maklik hanteerbaar om jou kombuisoppervlakte te vergroot. Dit loop op 4 wiele, waarvan 2 sluitbaar is. Dis ewe handig in die braaikamer, werkskamer of naaldwerkkamer as in die kombuis. Die afmetings is soos volg:

Hoogte: 90.5 cm

Breedte: 64 cm

Lengte: 86.5 cm.

 

Soos jy op die foto kan sien, is dit ‘n pragtig afgewerkte spogstuk. En wat ek verlede week nagelaat het om te sê: dit sluit ook ‘n marmer-kerfbord in, sodat jy darem nie op die mooi hout hoef te sny met jou skerp kombuismes nie! Hierdie eiland gaan nou per virtuele veiling verkoop word (lidmate gaan van tyd tot tyd op hoogte gehou word van hoe die bod vorder) – jy kan jou bod aan Mariana stuur by ngkeike@cybersmart.co.za of in ‘n koevert by die kantoor afgee. Dink net hoe lekker gaan hy in jou kombuis werk!