31 Julie 2020
Hierdie pragstuk is van Dolfhout (Namibiese Kiaat, wat algemeen in Suid-Angola voorkom) gemaak, en is maklik hanteerbaar om jou kombuisoppervlakte te vergroot. Dit loop op 4 wiele, waarvan 2 sluitbaar is. Dis ewe handig in die braaikamer, werkskamer of naaldwerkkamer as in die kombuis.
Die afmetings is soos volg:
Hoogte: 90.5 cm (950mm)
Breedte: 64 cm (640mm)
Lengte: 86.5 cm. (865mm)
Soos jy op die foto kan sien, is dit ‘n pragtig afgewerkte spogstuk. Jy kry ook ‘n granietsteen wat as snybord of potstaander gebruik kan word.
Hierdie eiland gaan nou per virtuele veiling verkoop word (lidmate gaan van tyd tot tyd op hoogte gehou word van hoe die bod vorder) – jy kan jou bod aan Mariana stuur by ngkeike@cybersmart.co.za of in ‘n geseëlde koevert by die kantoor afgee.
Die sperdatum vir aanbiedinge is Vrydag 21 Augustus 2020. Dink net hoe lekker gaan hy in jou kombuis werk!
Ns. Indien die reserwe prys nie behaal word nie, sal dit teruggehou word.