22 Januarie 2021
Die klokkie by die voordeur lui en twee gehawende kindertjies in oorgroot jasse bo-oor verslete kleertjies het in die deurkosyn styf teen mekaar gesit. Hulle vra: „Het Tannie enige ou koerante?“ Ek was van plan om nee te sê totdat ek hulle voete – blou van die koue in sandale te klein vir die voete – gesien het. Ek nooi hulle in om tee, met brood en konfyt vir hulle te maak en om die gesprek verder te neem. Die klein dogtertjie het die leë koppie vasgehou en daarna met ander oë gekyk. Die seuntjie het gevra: „Is Tannie ryk?“
Ek het na my verslete rusbank van baie jare – waarop hulle styf teenmekaar sit – gekyk en gedink „Genade, nee!“ Die dogtertjie sit die koppie versigtig terug in die piering en sê: „Jou koppies pas dan by jou pierings.“ Haar stem was oud met `n honger wat niks met haar dun magie te doen gehad het nie.
Ek het vir hulle al die ou koerante en die gemorspos bymekaar gemaak en by die deur gegroet. Hulle het breed geglimlag, maar nie dankie gesê nie – hulle hoef nie – hulle het meer as dit gedoen – baie meer!
Hulle kommentaar oor my baie ou eenvoudige blou koppies met die bypassende pierings het dit vir my gedoen.
Ek het begin dink aan die ruim middagete wat ek besig is om voor te berei – vleis en aartappels met witsous, nagereg, `n dak oor my kop, my man met `n standvastige werk – hierdie dinge het ook bymekaar gepas. Ek het op my knieë neergesak en dankie gesê!
Ek het die voorkamer amper met heiligheid opgeruim – daar waar die merke van hulle sandale – wat nie gepas het nie – vroeër gewees het. Ek het dit baie ampers so gelos, want ek wou die merke gehou het om vir my man en my kinders te wys en self nie te vergeet hoe ryk ek werklik in Christus Jesus is nie.