2 Oktober 2020

Jesus self was baie uitgesproke daaroor dat ons nie moet toelaat dat materiële goed ons lewens regeer nie. Hy het reguit gesê: “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.   Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar…. Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees” (Mat 6:19-21) – of soos Die Boodskap dit so mooi stel:  “Hou op om van die oggend tot die aand agter geld aan te hardloop.   Niks hou hier vir altyd nie.   Diewe breek oral in en steel, motte en goggas vreet alles op en ouderdom laat dinge vergaan.   Maak eerder vir julle ‘n bankrekening daar by God in die hemel oop.   Geen dief kan ooit daar inbreek om iets te probeer steel nie.   Die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is.   Jou lewe wys waar jy jou ‘rekening’ oopgemaak het.”