31 Januarie 2025
Registrasiedag is afgehandel op 19 Januarie, en het glad verloop. Dankie vir Tim en Elmarie vir die voorbereiding van die saal. Die Kinderkerk se lede staan nou op 66.
5 Nuwe sieletjies het aangemeld by graad 1, 15 Sieletjies in graad 6 het ons verlaat, en het nou aangemeld by Senior Kategese.
Daar het ook 6 nuwe kinders geregistreer in ander grade.
Ons spog met n paar tweelinge :
Graad 2 Dogters – Franja en Leah Hagen
Graad 3 Seun en dogter – Liam en Leanke Hanekom
Graad 4 Dogters – Leoni en Rachel Lambert
Graad 5 Seuns – William en James Pottage
2025 se tema is Jesus, met kwartaaltemas : Jesus se naastes; Jesus se gelykenisse; Jesus se woorde; Jesus se wonderwerke. Ons ontvang ons materiaal vanaf die NG Kerk Jeugkantoor.
Ons projek vir die jaar is Aksie Samaritaan, en is ons opgewonde om ‘n verskil daar te maak. Op 19 Januarie het heelwat ouers reeds vir ons ‘n klomp skryfbehoeftes gebring.
Groete tot volgende keer.
Riëtta Odendal
Kinderkerkleidster