31 Mei 2019

NG GEMEENTE KUILSRIVIER-DE EIKE

PINKSTER    2 – 9 JUNIE 2019

Die Bergrede is inderdaad die hart van die Matteus-evangelie. Dis selfs al “die Grondwet van die Koninkryk van God” genoem. As jy dit verstaan, verstaan jy die Evangelie. Dit leer ons dat dissipelskap ‘n ontsaglike praktiese saak is – nie bloot ‘n oppervlakkige woord-belydenis nie, maar ons hele lewe!

Natuurlik staan die Bergrede in die konteks van die koms van die koninkryk in ons lewe. Dis geen “nuwe wet” nie, maar spel vir ons uit watter verskil die koninkryk in ons lewe maak. Daarby is dit radikaal. Jesus hou hier geen versuikerde beeld van dissipelskap voor om mense te probeer oortuig om Hom te volg nie. Hy teken vir ons duidelik die radikale werklikheid dat dissipelskap beteken om jou kruis op te neem en Hom te volg.

Wat beteken dit vir ons in 2019 dat die koninkryk van

God tot by ons gekom het?

  1. SONDAGOGGEND: DIÉ WAT GOD “GESEËND” NOEM   (Matteus 5:1-12)

Saligsprekings is algemeen in die Bybel: altesaam 44x in die Bybel.

– ‘n Wonderlike woord “Makarios” = “welgeluksalig”.

– Hierdie is nie blote goeie wense nie; dis Jesus aan die woord!

  1. SONDAGAAND / MAANDAGOGGEND: DIE SIGBAARHEID VAN DIE KERK  (Matteus 5:13-16)

‘n Gevaarlike teks, maklik om verkeerd te verstaan. Kan maklik ‘n “nuwe wet” word.

– Lees dit in konteks: Matteus 5:13-16 is net moontlik omdat die koninkryk gekom het!

  1. MAANDAGAAND / DINSDAGOGGEND: OPROEP TOT VOLMAAKTHEID  (Matteus 5:17-48: Nuwe houding teenoor die wet)

Trek Jesus se nuwe ryk ‘n streep deur alles vooraf? Jesus kom leer ons wat gehoorsaamheid is…

  1. DINSDAGAAND / WOENSDAGOGGEND: PRAKTIESE GELOOF  (Matteus 6:1-6)

Afsluiting van vorige perikoop was oproep tot volmaakte toewyding en liefde selfs vir ons vyande.

  1. WOENSDAGAAND / DONDERDAGOGGEND: DIE “ONS VADER” (Matteus 6:5-15)

Ons lewe van nederige afhanklikheid voor die Here bly die duidelikste as ons met Hom praat…

– Dis net so radikaal anders as die res van die Bergrede, om met God te gesels…

  1. DONDERDAGAAND / VRYDAGOGGEND: SKATTE IN DIE HEMEL (Matteus 6:19-34)

Op die oog af losstaande maar dit sluit baie nou aan by “Ons Vader”

– Jy het gebid om die koninkryk, nou kom die toetsvraag: waar lê jou hart?

– Hoe kan jy deel hê aan God se nuwe, ewige ryk en steeds krampagtig vasklou

aan goed wat sal vergaan?

  1. SONDAGOGGEND: ‘N KEUSE (Matteus 7:13-29)

Naas die inleiding, is ‘n preek se laaste paragraaf waarskynlik die belangrikste.

– Hoe sluit Jesus die grootste preek van alle tye af?