29 Januarie 2021

14 Desember 2020

“Hallo daar, die storie is eintlik vir ds Hannes, hy kan dit gebruik vir die kerkkoerant as hy wil, kan jy dit asb forward vir hom, ek het gister n nare ondervinding gehad, ek het gaan stap met my 2 staffie honde. Om die draai van ons is n baie kwaai bullterrier, soos in baie baie kwaai. Toe ek gister daar verbygaan kyk ek soos altyd of die hek toe is en stap verby, die volgende oomblik is die hond op ons, het by hulle voordeur uitgestorm, my honde wat nie gaan terugstaan vir n ander hond nie,  het doodstil gaan staan en ek het gevries, die hond het aan hulle neuse kom ruik, die vrou het uitgekom en saggies gesê, staan doodstil, en saggies met haar hond begin praat tot sy by hom was en ons kon aanloop, die Here was daar by ons, Hy het al die honde se monde toegehou, deur Sy Genade het n wonderwerk gebeur, ek het soos Daniël in die leeukuil gevoel, ek is so dankbaar teenoor die Here, Hy is altyd by ons”

‘n Amerikaanse teoloog het een keer geskrywe: “God is in the small stuff!” Ons moet net leer om Hom daarin raak te sien – Hy sorg vir ons op allerlei maniere, klein en groot. Dis mos hoekom ons hele lewe aan Hom behoort! – Red.