12 Oktober 2017
As mens terug kyk na die afgelope 40 jaar van De Eike se storie, kan mens nie anders as om bewus te raak van God se genade nie. As jy in die gange van die kerk loop sien jy foto’s wat ons herinner van ‘n God wat ‘n spesifieke plan gehad het vir De Eike. Die foto’s neem jou terug na ‘n doelgerigte gemeenskap van gelowiges met ‘n visie vir die toekoms.
Die vraag wat ons egter nou vir ons-self kan afvra, is of ons nog bewus is van daardie plan. Is ons nog bewus van die nuwe stories wat God deur De Eike wil skryf? Of het ons dalk net gewoond geraak om na die foto’s te kyk en terug te dink aan dit wat was.
Die uitdaging voor De Eike se deur is om soos Martin Luther dalk nuwe stellings op die deur van De Eike vas te spyker, juis sodat God nuwe stories vir die groter Kuilsrivier kan skryf. Wat daarvan as God 40 jaar terug mans en vrouens bemagtig het om ‘n kerkgebou op te rig, sodat God vandag ‘n nuwe storie vir die groter Kuilsrivier, Wes-Kaap, en Suid-Afrika kan skryf? Wat is die storie wat God nou deur de Eike wil skryf?
Vir hierdie nuwe storie om waar te word, kom ste die foto’s in die gang ons eke keer voor die volgende twee eenvoudige vrae wat ons moet moet antwoord:
- Waarin herinner die foto’s ons? Herinner God ons nie dalk aan dit wat Hy nog wil doen nie? Herinner God ons nie dalk daaraan dat De Eike die hoeksteen vir ‘n groter storie kan raak nie?
- Wat is die roetines waaraan ons gewoond geraak het? Wil God nie dalk ander roetines / gewoontes kom vestig nie? Kan hierdie nuwe gewoontes nie die hoeksteen van ‘n groter storie raak nie?
Dalk maak hierdie vrae jou ‘n bietjie bang. Maar dis hoegenaamd nie die gedagte nie! Hierdie vrae wil ons nie bang maak nie maar ons eerder uitdaag om anders en nuut te dink oor De Eike se storie en hoe God gedurig besig is om ‘n nuwe storie te skryf. Die pen is in De Eike se hand. Wat is die storie wat God deur De Eike wil skryf?