17 Maart 2023

14 Maart 2023

Liewe Gemeente

Dit is nou 3 maande ná my aftrede en ek en Tinus is op pad Australië toe om vir ons dogter, Martlie, te gaan kuier.  Ons sal DV teen die einde van April weer terug wees.

Ons was Sondag by die Buitelugdiens en wat ‘n voorreg was dit nie vir my om dit ‘n slag te kon bywoon nie – rustig tussen die bome met Petrus en Janine en die kinders wat voorvat met die sang.

 

Terwyl De Eike my nog nie weer nodig gekry het agter die orrel nie, het gemeentes begin hoor ek is beskikbaar en nou los ek af in verskillende gemeentes.  Dit is ook nou weer vir my ‘n ander manier om my gawes en talente in die Here se diens aan te wend.

 

Maar, wat ek eintlik vir julle wil sê, is dat ek ontsettend bly en geïnspireerd is deur wát ek beleef in ons geliefde NG Kerk se gemeentes.  Die mense wérk en daar word gewoeker – dis asof al die negatiewe publisiteit net ‘n inspuiting vir ons Kerk is.  Ek self voel meegesleur om my allerbeste vir die Here te gee.  Mag elkeen wat hier lees, vandag opstaan, hand opsteek en betrokke raak om De Eike te ondersteun om die wen-gemeente te bly wat hy is.

 

Liefde

René Ferreira