4 September 2020
Doop tydens Covid
Die kerkraad het tydens die kerkraadsvergadering van 26 Augustus 2020 besluit om op versoek van lidmate, spesiale diens/dienste te reël waartydens doopouers hul babas ten doop kan bring.
Voornemende doopouers word versoek om die kerkkantoor so spoedig moontlik te kontak sodat die nodige vorms voltooi kan word, op datums besluit kan word en reëlings getref kan word. Tyd moet ook ingeruim word om die doopgesprekke af te handel. Dit sal waarskynlik gesamentlike gesprekke wees gelei deur die leraar by die kerkgebou.
Die eerste doopgeleentheid sal wees op Sondag 4 Oktober 2020 en daarna op 18 Oktober 2020.
Maatreëls soos afgekondig in die Staatskoerant van 28 Mei 2020 ten opsigte van godsdienstige byeenkomste, sal steeds geld.
‘n Maksimum van 50 persone word in die kerkgebou toegelaat. Met in agneming van die leraar en ander personeellede wat deel is van die aanbieding van die diens, laat dit ons met ‘n maksimum van 44 besoekers (doopouers + gaste).
Doopouers word versoek om wanneer hulle aansoek doen, ‘n aanduiding te gee van hoeveel familie en vriende die geleentheid gaan bywoon. Daarvolgens sal ons kan bepaal hoeveel babas per diens gedoop kan word. ‘n Volledige gastelys moet ook later aan die kerkkantoor verskaf word.
Die saal en kombuisgeriewe is nie beskikbaar vir ‘n geselligheid na afloop van die diens nie.
Kontak dus die kerkkantoor so spoedig moontlik by ngkeike@cybersmart.co.za