24 Mei 2018

Die gesprek wat die strategiese beplanningsgroep oor die gemeente voer, gaan steeds aan. Die afgelope Maandag het ons indringend gesels oor hoe ons die gemeente sien en waarheen ons op pad wil wees. By die geleentheid is dan ook ‘n konsep-visie geformuleer. Die interessante daarvan was dat daar twee groepe was wat onafhanklik van mekaar gewerk het, en toe basies by dieselfde visie uitgekom het! Dit was ook interessant dat twee tema’s waarvan ons herhaaldelik hierdie Pinkster gehoor het, ook hier na vore gekom het.

Die eerste een wat baie sterk na vore gekom het, is dat ons gemeente ‘n familie wil wees. Hierdie woord roep dadelik allerhande wonderlike assosiasies op, van hoe ons mekaar aanvaar en liefhet, en hoe ons mekaar ondersteun en versorg. Maar daar is tog ook meer aan gemeente-wees as onderlinge omgee. Ons wil na alles ook radikale dissipels van Jesus wees! Daarom was daar ook ‘n tweede gedagte: dat De Eike net in Jesus se voetspore wil volg. Dit was dan op die ou end die konsep-visie wat ons geformuleer het:

Vir die volgende paar weke gaan ons bietjie hieraan herkou. Sê dit regtig wat ons as gemeente na strewe om vir die Here te wees?

Maar dalk wonder jy: Het ons dan nie reeds ‘n visie nie – daardie pragtig geformuleerde woorde wat teen ons galery te sien is? Moenie bekommerd wees dat ons dit net gaan prysgee nie – dit sal altyd deel bly van hoe ons prakties gemeente wil wees. Maar juis daarom is dit nie regtig ‘n visie nie. ‘n Visie is ‘n ideaal, ‘n droom wat ons koester vir die gemeente.

Die strategiese beplanningsgroep het natuurlik nie die reg om sommer net te besluit oor iets wat ons almal raak nie. Daarom begin ‘n lang gesprek nou. Dit het alreeds Woesdagaand op die kerkraad begin, en gaan in al ons groepe verder gevoer word. Jy gaan vir seker ook die geleentheid hê om jou sê daaroor ook te sê!