1 Junie 2019
SONDAGAAND / MAANDAGOGGEND: DIE SIGBAARHEID VAN DIE KERK (Matteus 5:13-16)
Inl. ‘n Gevaarlike teks, maklik om verkeerd te verstaan. Kan maklik ‘n “nuwe wet” word.
– Lees dit in konteks: Matteus 5:13-16 is net moontlik omdat die koninkryk gekom het!
- Waarom sout / lig?
– Die versoeking is groot om die teks te vergeestelik en allerlei eienskappe van sout op ons geestelike lewe te projekteer.
– Dit gaan daaroor dat sout ‘n verskil maak, omdat dit anders is.
- Word wat jy is.
– Hier staan: Julle IS die sout / lig vir die aarde: Daar is geen opsie en geen keuse nie.
– Soutlose wêreldgelykvormigheid is verloëning van God.
– Die “Goeie Werke” is geen prestasie nie, want dis God se werk binne-in jou!
- Waar laat hierdie teks ons?
– Dis ‘n teks vir skuldbelydenis
– Dit roep ons op om met waagmoed te wees wat ons reeds is in Christus!

