1 Junie 2019
SONDAGOGGEND: DIÉ WAT GOD “GESEËND” NOEM(Matteus 5:1-12)
Inleiding: Saligsprekings is algemeen in die Bybel: altesaam 44x in die Bybel.
– ‘n Wonderlike woord “Makarios” = “welgeluksalig”.
– Hierdie is nie blote goeie wense nie; dis Jesus aan die woord!
- Die Saligsprekings is geen “nuwe wet” nie.
– Dis deel van die Matteus-evangelie! Dit gaan oor genade.
– Maar dit maak nuwe vensters oop vir ons bestaan.
- Wat is dit wat God vir sy kinders belowe?
- Vergiffenis en sy teenwoordigheid vir die wat Hom in die middelpunt stel.
- Troos vir die wat besef hulle kan nie hulleself red nie.
- Die aarde vir hulle wat hulle heil op Hom bou.
- Geregtigheid vir hulle wat nie onreg duld nie.
- Barmhartigheid vir hulle wat deernis vir ander het.
- Sy selfopenbaring vir die wat onverdeeld aan Hom behoort.
- Vrede vir hulle wat vrede skep en net op Hom vertrou.
- Die hemel vir hulle wat Hom volg, al kos dit wát.
- Jesus belowe nie hemel op aarde nie.
– Daarvoor is daar sprake van vervolging.
– Maar die wat vir Hom kies, sal nooit alleen staan nie.
- Die radikale andersheid van dissipelskap.
– Die Saligsprekings keer telkens die orde om.
– Ons geluk lê in totale afhanklikheid, in wees soos Jesus.
- Saligheid is méér as ‘n privaat aangeleentheid.
– Eerste strofe gaan oor ons innerlike vrede, ons verhouding met God.
– Tweede strofe gaan oor menseverhoudinge en aktiewe optrede.