1 Junie 2019

DINSDAGAAND / WOENSDAGOGGEND: PRAKTIESE GELOOF (Matteus 6:1-6)

Afsluiting van vorige perikoop was oproep tot volmaakte toewyding en liefde selfs vir ons vyande.

  1. Godsdiens is nie net ‘n binnekamersaak nie.

– God word net soveel gedien deur jou optrede teenoor ander as in die kerk.

– Wat is ware Godsdiens? Vra Jakobus (1:26-27)!

  1. Maar Godsdiens is ook nie ‘n toeskouersport nie.

– God beloon hulle wat Hom dien ter wille van Homself

– Ons wil nie aandag trek nie, want dit gaan nie meer om ons nie!

 

  1. Daar is ‘n verskil tussen godsdienstige dade en geloofsdade.

– Selfs onsself moenie van ons liefdadigheid weet nie!

– Sluit aan by die die eis van méér geregtigheid.

– Godsdiens is ‘n wandel voor God, en nie wandel voor die mense nie…