1 Junie 2019

WOENSDAGAAND / DONDERDAGOGGEND: DIE “ONS VADER” (Matteus 6:5-15)

Ons lewe van nederige afhanklikheid voor die Here bly die duidelikste as ons met Hom praat…

– Dis net so radikaal anders as die res van die Bergrede, om met God te gesels…

  1. Natuurlik kan ons baie lank gesels oor die gebed wat Jesus ons hier leer.

– Hele Pinksterreekse is al oor die 11 verse gehou! Maar vanaand trek ons net hooflyne.

– Wat staan uit, in die “Ons Vader”-gebed?

  1. Waarom noem ons God “Ons Vader”?

– Geen duideliker uitbeelding van nederige afhanklikheid en kinderlike vertroue nie.

– Belangrike “Ons”: almal wat deel in die koninkryk saamgesnoer.

– ‘n Mens sou dus ook verkeerd kon bid…

  1. Gebed is ‘n stuk blootstelling voor God.

– Blootgestel in ons afhanklikheid, ons broosheid, ons nood.

– Maar dis ook ‘n kreet van hoop: daar ís ‘n alternatief!

– Maar dan net vir hulle wat kan bid: Nie my wil nie…