1 Junie 2019
DONDERDAGAAND / VRYDAGOGGEND: SKATTE IN DIE HEMEL (Matteus 6:19-34)
Op die oog af losstaande maar dit sluit baie nou aan by “Ons Vader”
– Jy het gebid om die koninkryk, nou kom die toetsvraag: waar lê jou hart?
– Hoe kan jy deel hê aan God se nuwe, ewige ryk en steeds krampagtig vasklou aan goed wat sal vergaan?
- ‘n Mens kan op verskillende maniere verknog wees aan goed:
– Met ‘n desperate sug na meer: dan is als daaraan onderworpe. As jy Mammon dien, is hy jou god… maar dan kies jy vir die domein van motte en roes en skelms…
- Maar jy kan ook verknog wees deurdat kommer jou lewe kenmerk.
– Dis meer subtiel, maar dis niks minder verlammend nie, want dis kleingeloof…
- Jy het dan geleer bid om die koms van die Koninkryk…
– ‘n Mens kan hierdie gedeelte maklik verkeerd verstaan: Asof net die hemel tel, en geld eintlik boos is. Maar die vraag is eerder wat in die middel van jóú lewe staan.
– Soek eers die koninkryk… en vertrou dan!