1 Junie 2019

SONDAGOGGEND:  ‘N KEUSE (Matteus 7:13-29)

Naas die inleiding, is ‘n preek se laaste paragraaf waarskynlik die belangrikste.

– Hoe sluit Jesus die grootste preek van alle tye af?

  1. Hy laat sy dissipels eers vir oulaas toets skryf…

– ‘n Boom word aan sy vrugte geken…

– Die uiterlike (“skaapsklere”) tel nie vir God nie, maar hoe jy lewe!

– En dis daardie lewe wat gekenmerk word deur verdraagsaamheid en liefde.

  1. Vandaar die ernstige waarskuwing hier aan die einde van die Bergrede

– Geloof is nie ‘n praat-saak nie, maar ‘n doen-saak.

– Nie groot geloofsdade is vir God deurslaggewend nie, maar of Jesus jou regtig geken het.

  1. Wat is dan die konklusie van die Bergrede?

– Hoor en wandel gee jou lewe fondasie…

– Storms sal daar wel kom, maar as jy op die Rots gebou is, sal jy staande kan bly.

– Eindelik staan almal verdwaas: die Bergrede laat jou nuut dink oor Godsdiens!