23 Oktober 2020

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika stel met trots die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel bekend.

Die Bybel: 2020-vertaling, is die jongste, mees relevante Afrikaanse vertaling wat saamgestel is uit die nuutste beskikbare brontekste. Die vertaling streef daarna om lesers te laat voel of die Bybelskrywers van ouds in hul eie woorde self die wonderlike liefdesverhaal van God en die mens aan hulle oordra. Terselfdertyd is die teks in vloeiende, idiomatiese Afrikaans geskryf, met omvattende, beskrywende voetnote.

Die Bybel word amptelik op 29 November 2020 in Bloemfontein bekendgestel, maar kan egter reeds direk by die Bybelgenootskap verkry word. Die Bybels is in die volgende bindstyle en uitgawes beskikbaar:

AFRIKAANS 2020-vertaling, volledige Bybel, mediumgrootte, swart hardeband teen R129.00 

AFRIKAANS 2020-vertaling, volledige Bybel, mediumgrootte, luukse bruin verwerkte leeromslag, goud-op-snee, duimindeks teen R329.00 

Die nuwe vertaling is ongelukkig nog nie in grootdruk beskikbaar nie. Dit sal eers in die loop van 2021 beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor Die Bybel: 2020-vertaling besoek gerus www.bybeldirektevertaling.co.za.

Om jou eksemplaar van hierdie nuwe Afrikaanse Bybel te koop, stuur ’n e-pos aan sales@biblesociety.co.za of besoek die aanlynwinkel.

Bestellings kan ook by die kerkkantoor geplaas word. Ons sal dan een groot bestelling plaas en sodoende spaar op afleweringskoste.