24 November 2023

Nuus uit die Jeugkommissie

Ons Jeugkommissie het ‘n paar Saterdae gelede ‘n volledige beplanningsessie gehad vir 2024. En tipies van ons 5 vrolike dames, vir 5 en ‘n half ure vergader, pure lekkerte.  Dit was lank, en dit was prettig, en nou het ons planne!

 

Nuus uit die kinderkerk

So ‘n paar Sondae gelede het ‘n paar graad sesse, met hul klasleier aan die voorpunt, Lindie Williamson, sowel as Nicole Snyman, ons graad 4 klasleier, besluit om ons “voorsang” te behartig. Dit was so geseënd dat ons besluit het, ons moet dit ‘n permanente instelling maak.  Dis heerlik om te sien hoe die kinders hul liefde vir Jesus ook met sang uitleef.  Ons tema is nie verniet “Vertel van Jesus” nie.

 

So byna twee weke gelede het ons kinders, op versoek van Ilse, ons orrellis, versierings gemaak vir die kerk se kersboom. En het die klasleiers, en die kinders hul nie oortref nie!  Ek sluit ‘n foto in van ‘n paar graad sesse met hul lieflike engeltjies. Ek sê sommer weer dankie vir ons toegewyde klasleiers, met hulle sal ek die Drakensberg oor! Die versierings pryk aan die kersboom, mooi gepas vir die komende naweek se Kersfees eredienste en Kerssangdiens.

 

Riëtta Odendaal