16 November 2017

  1. Die kerkraad het Woensdagaand kennis geneem van ons jaartema vir 2018 “Radikaal anders”, en hulle opgewonde verbind daartoe om dit te lewe en uit te dra op elke terrein van die lewe.
  2. Die proses van Stategiese Beplanning gaan steeds voort, met ‘n werkswinkel wat vroeg in die nuwe jaar beplan word. Daar sal aandag gegee word aan elke faset van ons gemeentelede, en gekyk word na verbeterde strukture wat ons in staat kan stel om die gemeente te wees wat die Here wil hê ons moet wees. Bid asseblief vir die proses!
  3. Die kerkraad het vir Jandré toestemming gegee om vroeg in Desember ‘n kongres in Europa by te woon waarheen hy uitgenooi is. Ons is saam met hom opgewonde oor die verryke avontuur wat vir hom voorlê!
  4. Die kerkraad is dankbaar om die dienste van ons orrelis te behou op ‘n jaarlikse kontrakbasis. Sy tree amptelik vanjaar af, maar sal voortgaan om die Here te dien as orrelis van De Eike. Ons is baie opgewonde daaroor!
  5. Die Jeugkommissie van die kerkraad gaan omskep word in ‘n Junior Kerkraad, wat ‘n paar jongmense gaan insluit, en aan hulle geleentheid gaan gee om as kerklike leiers van môre te ontwikkel – ‘n opwindende vooruitsig!
  6. Daar is al klaar baie indringend gekyk na ons gemeentelike begroting vir 2018. Aanvanklik het dit gelyk of ons vir ‘n geweldige groot tekort sou moes begroot, maar baie goeie finansiële bestuur en harde werk deur Elmari Schwenke het beteken dat die uitdagings op die ou end vir ons meer hanteerbaar gelyk het. Die grootste probleem van die gemeente bly steeds die 60% van die gemeente wat geen bydrae lewer nie. Daar sal ekstra moeite gemaak moet word om te verseker dat ons almal bereik, en dit gaan beslis ietsie meer van ons almal verg om hierdie uitdaging die hoof te bied. Maar met die seën van die Here, wat ons tot hiertoe gedra het, is daar geen twyfel dat ons dit kan doen nie!