29 Oktober 2024
Hierdie kwartaal behandel ons Kinders van die Bybel, en verlede Sondag het dit meer spesifiek oor Dawid gegaan. Komende Sondag sal dit die seuntjie wees wat sy broodjies en vissies gedeel het. Ons sentrale tema was dan ook dat God nie na die uiterlike kyk nie, maar wel na die innerlike. Hy het Dawid ook gekies as koning, omdat Dawid ‘n mooi hart gehad het. Dawid het God baie lief gehad, en het met sagte oë na mense gekyk.
Ons het ook die teksvers as volg gememoriseer : God (wys op na bo) kyk (wys brilletjies) na ‘n mens (wys na onsself) se hart (wys hartjie).
Die graad 3’s het as vaslegging aktiwiteit die mooiste Bybelmerke gemaak, “God kyk na ons hart”. – Sien foto.
Ek het soveel waardering vir my klasleiers wat soveel moeite doen.
Liefde-groete
Riëtta