18 Oktober 2019

Liewe gemeentelede

Soos die jare aanstap verloor ons kinderkerk klasleiers, soos wat hulle eie kinders klaarmaak met kinderkerk, sommiges wat al 5 jaar die pad saam met ons gestap het.  Dit is nou so ‘n jaar waar ons 3 nuwe klasleiers benodig, naamlik in grade 2, 4 en 6.  Die vereistes om ‘n klasleier te wees sal wees dat jy baie lief is vir die Here en vir kinders.  Selfs oumas kan baie goed werk by die kleintjies.

Al die aktiwiteite word aan jou verskaf, dus geen gesoekery en rondvallery nie.  Ons is regtig ‘n toegewyde, lekker groep, wat ook opreg vir mekaar omgee.

Die enigste “downside” is dat jy nie gereeld kan volwasse eredienste bywoon nie, wel in die vakansies en afnaweke en kinderdiens.  Ons moet ook deesdae ‘n polisieklaring aflê volgens die kinderwet.

Ons het ook aflosse in plek, indien jy ‘n Sondag nie daar kan wees nie.

Gaan hoor by die Here of die Kinderkerk nie ‘n plek is waar Hy jou gawes wil gebruik nie, en laat weet ons.

Liefde-groete

Riëtta Odendal

Ns. Volgende Sondag is ‘n baie spesiale Sondag op ons kalender; daarom gaan die kinderkerk nie die slag op sy eie vergader nie, maar ons vra ouers om hulle kinders    saam “groot” kerk toe te bring. Ons gaan dus as gesinne saam ons dankbaarheid voor die Here vier!