17 Maart 2023
Beste Harvesters Friend,
Ons is opgewonde om die nuus dat Harvesters Ministries danksy jou ondersteuning na Wes-Europa uitbrei, met jou te deel.
Jou gebede is van kardinale belang waar ons God se leiding volg om die weg in hierdie nuwe streek te baan.
Bid dus asseblief hierdie week saam met ons en gebruik gerus die onderstaande gebedspunte as riglyn:
• Bid vir krag en leiding vir Ian Stanton, Harvesters se Streeksdirekteur vir Wes-Europa waar hy in die streek werksaam is. Vra God om die regte konneksies te voorsien.
• Bid vir kerkleiers wat hulle gemeentes met Harvesters se materiaal toerus vir evangelisasie en dissipelskap.
• Bid dat die harte van die mense in Wes-Europa oop sal wees vir die blye boodskap van Jesus Christus.
• Bid vir ons werk onder internasionale studente. Bid dat hulle Jesus bo alles sal kies en dat hulle Hom passievol aan hulle vriende sal bekendstel.
• Gedurende April lê ons Harvesters se visie en metodologie aan kerkplanters in Spanje voor. Bid asseblief hiervoor.
Ten spyte van die feit dat Wes-Europa die geboorteplek van die Protestantse Christendom is, is daar ongelukkig die afgelope dekades ’n afname in godsdienstige affiliasie en beoefening te bespeur. Nogtans glo ons dat ons met jou hulp die nasies van hierdie streek weer vir Christus kan wen.
En soos Jesus ons geleer het – om dissipels te maak, is die pad vorentoe.
Tans smee ons bande dwarsoor Wes-Europa wat Nederland, die Verenigde Koninkryk, Spanje, Duitsland, Portugal, België en Skandinawië insluit.
Kyk na hierdie video om uit te vind wat tans gebeur
Ons is ewe opgewonde om die vrystelling van ’n nuwe weergawe van ons dissipelmakerskursus, wat die sleutel tot ons werk in Europa is, aan te kondig. Dit voorsien onderrig in Bybelse vaardighede en beginsels vir dissipelskap, evangelisasie en kerkplanting wat Harvesters reeds vir ongeveer 25 jaar wêreldwyd implementeer.
Ons sê dus dankie vir jou gebede terwyl ons kerkleiers ondersteun, gelowiges toerus om dissipelmakers te wees, verlorenes evangeliseer en onder internasionale studente in Wes-Europa arbei.
Dankie dat jy saam met ons bid,
Steven (Fanie) Loots
Stigter en Hoofuitvoerende Beampte
Harvesters Ministries