22 Januarie 2021

PROJEK – DIE BEKENDSTELLING VAN ‘LITALA FM’ 2021

Geagte NGK Kuilsrivier-De Eike

Terwyl ons nog in die beginfase van 2021 is kan die toekoms enigiets inhou.

Vertroue in die media is besig om drasties af te neem as gevolg van die groot toename in sogenaamde, fopnuus. Mense wat hul eie weergawe van die waarheid wil deel. Die vraag is; hoe kan ons deesdae onderskei tussen feit en fiksie?

Wat is die onbesmette WAARHEID?

Die GOEIE NUUS van Jesus Christus bly die WAARHEID, en dit is ‘n voorreg om hierdie feit aan die wêreld oor te dra. Soos julle reeds weet, was die toekenning van FEBA Malawi se amptelike FM uitsaailisensie in 2020 een van ons grootste DEURBRAKE. Dié stasie het sedert 1991 evangelie-gebasseerde programme aan die Yao Moslembevolking in Malawi uitgesaai wat tot grootskaalse bekerings onder dié mense gelei het.

Sedertdien, is nuwe Christenleiers toegerus en opgelei en duisende luisteraarsklubs is gestig, waarvan baie kerke geword het. Die tyd het nou aangebreek om hulle te help om hul eie stasie in Blantyre te stig, en ons het u gebede en ondersteuning nodig om dit te bereik!

Soos wat ons in die eerste kwartaal van 2021 in beweeg, is daar nog baie werk wat vir die Here gedoen moet word, en daar is so min tyd wat oorbly!

Ons is bly om te kan deel dat ‘n perseel bekom is vanwaar die nuwe stasie gaan uitsaai en voorbereidings is reeds in volle swang.

Ons, in vennootskap met julle, ons getroue media sendelinge, gaan vir die volgende drie maande slegs op hierdie projek fokus. Die behoeftes op hierdie stadium is vir klankmengers, rekenaars, senders, antennas en meubels. Ons benodig heelwat befondsing om koerierkostes en installasie-fooie te kan dek.

Ons nooi u uit om saam met ons te werk, sodat ons teen Maart 2021 ‘n volledige, funksioNerénde radiostasie in Blantyre, Malawi kan lanseer!

Vir meer inligting kliek hier

Totdat almal gehoor het,

 

 

 

Dr Jurie Vermeulen

Nasionale Direkteur