22 Januarie 2021

Die UK het op sy vergadering wat Woensdagoggend met al wat protokol is in plek, homself opnuut verbind tot deursigtigheid. In hierdie tyd waarin die groter kerkraad nie bymekaar kan kom nie, is dit belangrik dat die gemeente wel deeglik kennis dra van sake wat op die oomblik in De Eike aandag vra. Ons het daar oor die volgende gesels:

 

  1. Die beplande Bosberaad: Dis nou al geruime tyd dat ons beoog om ‘n geleentheid te skep waar die kerkraad strategies kan dink en beplan vir die pad vorentoe, veral in die lig van die feit dat dinge in die volgende 5 jaar radikaal gaan verander in De Eike, en dat bedieningspatrone waarskynlik ook nooit weer heeltemal dieselfde sal wees as wat ons aan gewoond was nie. Covid steek egter steeds ‘n stokkie hiervoor – maar dis hoë prioriteit en sal sou gou menslik moontlik moet gebeur.

 

  1. Werk aan die kerk: Die werk wat tans aan die kerkgebou gedoen word, vorder mooi (omtrent 60% klaar), maar het ook nuwe probleme uitgewys wat nou aangespreek moet word. Dis egter onder beheer.

 

  1. Die kerktoring: Ons weet almal dat die kerkraad laasjaar al besluit het dat ons toring gesloop moet word, daar word nog net onderhandel oor die pad vorentoe en hoe dit aangepak moet word. Ons voel ook dis iets wat die volle kerkraad oor moet besluit.

 

  1. In die lig van die pandemie word alle tuisbesoeke deur leraars voorlopig gestaak. Ons vertrou dat dinge spoedig na normaal sal terugkeer!

 

  1. Die kerkkantoor se ure word op die vakansietye gehou (Ma en Vr 8-12 en Di-Do 8-11) tot verdere kennisgewing. Lidmate word vriendelik versoek om die kantoor net te besoek as dit absoluut noodsaaklik is. Daar word ook beplan om ‘n beskermende plastiek-venster in te rig om ons werknemers te beskerm.

 

  1. Teen die tyd weet ons seker almal dat Johan teen die einde van Mei 70 raak, wanneer die kerk van dominees verwag om finaal af te tree. Sy kontrak verstryk eintlik Aprilmaand, maar met sy instemming sal dit ‘n maand verleng word. Ongelukkig sal ons hom daarna moet toelaat om regtig af te tree…

 

  1. Die UK het hom telkens by hierdie vergadering daartoe verbind om die veiligheid van ons mense en in besonder van sy werknemers, ten alle koste te beskerm, en roep ook ons mense op om mooi na hulleself te kyk!