22 Januarie 2021

FOR THE LEAST OF THESE…
Matthew 25:31-46
Rahul en Lorette – Gebedsbrief Nr 4/2020

Liewe Vriende,
Hier staan ons aan die einde van 2020… Ons almal sal hierdie jaar onthou as die een wat gekom het met ‘n verrassing wat niemand verwag het nie. Die een wat beslis nie verloop het soos wat ons beplan het nie. Kuiers, kampe en konferensies het plek gemaak vir Zoom, Webex en Google Classroom. En al sien ons dalk gretig uit daarna om 2020 finaal te groet, die realiteit is dat ons ook geen idee het wat die nuwe jaar sal bring nie. Dalk besef ons dit nou meer as ooit tevore. Maar dit weet ons: God se Woord bly altyd waar en hy het beloof dat hy ons nooit sal begewe en nooit sal verlaat nie. Dit het ons gedurende hierdie moeilike jaar beleef en dit is ook ons hoop vir die toekoms!

Ons het so baie om voor dankbaar te wees… Ons dank die Here vir goeie gesondheid en vir die voorreg om te kon voortgaan met ons werk en bedrywighede. Ons is dankbaar vir sy genade wat altyd genoeg is vir elke dag!

Ons bid dat die saadjies wat geplant is met elke boodskap wat ons kinders en personeel gehoor het, deel van hulle sal bly, sal ontkiem en vrug sal dra. Ons vertrou die Here om self die oes op sy tyd in te bring. Intussen vra ons hom om ons getrou te maak in dit wat ons moet doen, ook gedurende hierdie Feestyd wat weer op hande is. Sal julle asseblief saam met ons bid vir ‘n plek waar ons hierdie jaar die Kersprogram kan hou? Ons sal baie graag ons kinders weer op ‘n spesiale manier wil bederf.

Mag julle gedurende hierdie Kerstyd die Here se nabyheid en vrede op ‘n besonderse manier ervaar. Kom ons stap 2021 saam binne met die sekere wete dat God ons standvastige en liefdevolle Vader is. Ons kan rustig wees, want niks vang hom onkant nie en hy bly in beheer!

A CHRISTMAS BLESSING
During this Christmas season,
May you be blessed

With the spirit of the season,
which is peace.

The gladness of the season,
which is hope.

And the heart of the season,
which is love.

Ons is baie dankbaar vir elkeen van julle!
Met al ons liefde,
Rahul, Lorette, Priyanka en Nadia