13 September 2019

Baie van ons het Sondag die foto’s gesien oor die impak van die droogte op die Nuwerus-omgewing. Boodskappe is ontvang van Nuwerus se gemeentelede wat vertel van ‘n droogte wat al 7 jaar lank duur en boere dwing om hul plase te verlaat om werk in die naaste dorp te kry. Alta Meyer vertel dat die boere veral bekommerd is oor die groot uitgawes wat aangegaan is om voer vir die vee te koop en dat daar geen inkomste is om skuld te betaal en kos op die tafel te sit nie. Sy vertel ook van boere wie se gesondheid besig is om in te gee van spanning en van ‘n dogter wat haar werk bedank het om te probeer help op die plaas omdat pa nie meer verder kan nie.

Hoe kan jy help en/of betrokke raak:

  • Bid asseblief vir reën en dat die gemeenskap se geloof en vertroue versterk sal word.

 

  • Ondersteun die Legkaart van Hoop. Legkaartsukkies word teen R25 by die kerkkantoor verkoop om fondse in te samel vir die aankoop van veevoer asook huishoudelike items vir gesinne in nood. (Bankbesonderhede: ABSA rekening: 3010590069; Verwysing: Nuwerus Droogte)

 

  • Maak mense bewus van van ons droogtehulp projek. Versprei asseblief die Nuwerus Droogtehulp Uitreik videogreep aan vriende, familie en kennisse sodat hulle ook die geleentheid het om die droogtehulp projek te ondersteun.

 

  • Reik uit na Nuwerus-gemeente. ‘n Uitreik word die naweek van 19 Oktober beplan waartydens ons die Nuwerus-gemeente met hul basaar gaan ondersteun en die veevoer en huishoudelike items aflewer. Almal wat wil saamgaan is welkom en kan Sanet Koen (082 447 4088 / koensanet@yahoo.com / skoen@npa.gov.za) of Franci Gresse (082 891 2384 / lizef99@gmail.com) kontak vir reëlings rondom die uitreik en akkommodasie.

Ek sluit af met die volgende woorde van Alta Meyer: “Al wat ons kan vertrou is dat Vader vir ons uitkoms van reën sal stuur asook gesondheid en geloof wat staande kan bly. Ons kan maar net loof en prys. God is groot.” Dankie dat julle bereid is om die hande en voete van Jesus te wees!