16 Februarie 2021

Ons kort twee klasleiers (een vir Gr 1, en een vir Gr 3) vir die Kinderkerk en sal jou betrokkenheid opreg waardeer. Klasleiers word ten volle toegerus met lesse en aktiwiteite wat beteken jy hoef niks uit te dink nie … en jy is deel van ‘n heerlike span! Vir die eerste kwartaal sal daar geen druk wees om klasse aan te bied nie, aangesien ons van videos gebruik gaan maak totdat die COVID-19 situasie ons toelaat om in redelike veiligheid weer by mekaar te kom. Maar moenie bekommerd wees nie, ons sal alles mooi verduidelik by die oriënteringsessie vir alle klasleiers. As jy graag betrokke wil raak, kontak asb. vir Riëtta by 082 904 0950 of r.odendal@mweb.co.za … of voltooi die registrasievorm.