31 Mei 2018
Die Alpha-span het ‘n tydjie gelede in die strate van Kaapstad ingevaar en mense ‘n klompie vrae gevra. Tipies Alpha-styl, het hulle vrae begin met ‘n doodgewone vraag – wat maak jou gelukkig. Hierna het meer ernstige vrae gevolg, soos wie hulle dink Jesus is. Persoonlik het van die antwoorde my lekker geskok. Sonder om te dink daaroor, aanvaar jy dat mense soos jy moet dink en voel oor Jesus, maar glo my dit is nie die geval nie.
Kyk bietjie wat het ons Kaapenaars te sê gehad https://www.youtube.com/watch?v=yiGPcWx9Ga0
Kontak asb. Mariana of Cathy by die kerkkantoor (021 903-3818) om te registreer en nooi mense saam.