26 Julie 2024

Liewe gemeente

Ek glo almal is nou deeglik bewus van die gemeentekonsert wat plaasvind op Vrydag, 30 Augustus, want DIE KINDERKERK IS TIEN!  Alle eer aan God! Dit moet geVIER word.  En op watter beter manier, as met ‘n GEMEENTEKONSERT, wat wel oorheers sal word deur kinder-items. Ons deelnemers wissel tussen graad 1 en 9, met so ‘n paaaaaar volwasse items, presies 3.  Ek, en nog ‘n paar volwassenes, neem wel deel saam met die kinders in een item.

 

Ons is BAIE opgewonde, en oefen alreeds ‘n tydjie sedert verlede kwartaal – ons het maar ‘n halfuur op ‘n Sondag voor kerk – aan ons lofdans met die Oorwinningslied, te pragtig.

 

So, koop asseblief kaartjies by my teen R100 per volwassene en R50 per skoolkind.  Dit is ‘n fondsinsameling vir ons jeugbediening, juniors en seniors. Die kaartjies sluit gebakte nagereg met vla EN koffie/tee in tydens pouse!  Wat ‘n winskopie!

 

Ons sit by tafels, so bring jul eie kos en drinkgoed, en geniet die samesyn.

 

EN terwyl julle heerlik eet en kuier (ons gaan baie tyd daarvoor toelaat) speel die Boereorkes onder leiding van Louis Hurter vir ons, lekker voete-wikkel-musiek.

 

Liefde-groete

Riëtta

Kinderkerkhoof