23 September 2022
Liewe De Eike-lidmaat,
Jy behoort eersdaags jou Tiendemaand-dankofferkoevert te ontvang en jy mag dalk agterkom dat daar nié hierdie jaar weer ‘n briefie in die koevert verskyn soos in die verlede nie. Ek verduidelik hoekom:
Die koste van papier het die afgelope jaar met 50% gestyg – en dit sal waarskynlik verder styg namate beskikbaarheid ‘n al groter probleem word. In die kerkkantoor besef ons maar te goed dat ons almal onder dieselfde prysstygings gebuk gaan en daarom doen ons ook ons deel om te bespaar waar ons kan. Dieselfde inligting wat ons op papier sou druk, kan ewe effektief, maar kosteloos, versprei word indien ons van elektroniese media gebruik maak.
Ek wil nou al vra vir voorbidding vir ons fondsinsamelings gedurende Oktober, naamlik die Tiendemaand-dankofferinsameling en die Wynveiling. Met nog skaars die helfte van die kaartjies wat verkoop is, is die sukses van die Wynveiling tans in die weegskaal. Terselfdertyd mag die hoër vlakke van beurtkrag ons dalk noodsaak om ons eie kragopwekker aan te skaf, net sodat ons met ons normale aktiwiteite te kan voortgaan. Dit bring groot onkoste mee, waarvoor ons nie beplan of begroot het nie.
Ten slotte wil ek baie dankie sê aan elkeen wat reeds ‘n gereelde bydrae maak.
Groete,
Elmari Schwenke-van der Walt