17 Augustus 2018
- Riëtta se versoek:
Ek het vandag die kinders uitgenooi om vir ons moeilike vrae anoniem te bring van volgende keer af, en ‘n brieweboks beskikbaar sal stel daarvoor. Groot was my verbasing toe die kinders (graad 5 en 6) die geleentheid met ope arms aangegryp het, en ek sommer vandag al 7 briewe ontvang het. In die twee klasse was daar vandag 19 kinders. Meer as ‘n derde het dus vragies ingehandig. Dit wys ons die groot behoefte.
Vrae :
1 Wie het vir God gemaak
2 Hoekom het Jesus vir ons sondes gesterf en dan doen ons nog sonde?
3 Hoe weet ons dat ander gelowe dalk reg is en ons geloof is verkeerd?
4 Hoe lyk die hel en hoe voel dit om in die hel te wees?
5 Hoe lyk God?
6 Ek hou nie van skool nie
7 Ek verstaan nie wat my juffrou sê nie. Ons praat nie eers nie.
Groete
Riëtta