13 Maart 2020

  1. Die kerkraad het met kommer en erns kennis geneem van die verdeeltheid wat op die oomblik in die kerk heers, en is baie bewus daarvan dat mense uiteenlopende opinies koester hieroor, en dat baie mense in die proses seerkry.
  2. Die kerkraad herbevestig dat Jesus Christus die Hoof van die kerk is, en dat sy wil die deurslag gee in alle besluite. Daarom staan ons onwrikbaar by die waarheid van die Woord.
  3. Daarby herbevestig die kerkraad sy standpunt dat ons almal wat saam met ons glo in Jesus Christus as ons enigste Saligmaker en Verlosser onvoorwaardelik as ons broers en susters aanvaar en dat almal welkom in De Eike, ongeag enigiets wat menslik gesproke skeiding mag bring.
  4. Ons besef dat ons in die kerk nie oor al die wysheid en antwoorde beskik nie, maar dat ons nog op pad is saam met die Here om sy wil te hoor en beter te verstaan.
  5. Daarom weerhou die kerkraad hom doelbewus daarvan om op hierdie stadium ‘n swart-en-wit besluit te neem wat net verder polarisasie en hartseer gaan meebring. Ons vereenselwig ons met die Sinode se besluit dat daar ruimte in die kerk vir verskillende opinies is, en dat ons getuienis as kerk juis daarin setel dat ons mekaar bly vashou selfs wanneer ons van mekaar verskil.
  6. Dit is daarby die kerkraad se mening dat daar dringender vraagstukke in die kerk op die oomblik is wat eerder ons energie en aandag vra – soos die onbetrokkenheid en afkoeling van baie lidmate en die dalende getalle in die kerk – en dat ons eerder op hierdie stadium ons aandag en energie daaraan behoort te wy.