20 April 2018
Ons wil graag ‘n twee-weeklikse Bybelstudiegroep in Othello aftree-oord begin. Nadat ons ‘n steekproef gedoen het, is gevind dat lidmate verkies om twee-weekliks bymekaar te kom. Hulle verkies ook dat die groep in die oggende bymekaarkom. Ons byeenkomste gaan elke tweede Woensdag van die maand om 09:30 in Othello se eetsaal wees. Ons eerste byeenkoms sal Woensdag 9 Mei wees. By dié geleentheid sal ons besluit watter materiaal ons gaan behandel. Lidmate van Othello word uitgenooi na die geleentheid. Skakel gerus vir my as jy enige vrae het.
Johan Morkel