15 Maart 2018

Liewe Ouers

Baie dankie vir u ondersteuning gedurende die eerste kwartaal van 2018, veral ook met ons projek, “Ons Volg Jesus”, en meer spesifiek Kwartaal 1 : Green Park.  Ons het hierdie kwartaal tot en met 11 Maart, ‘n totaal van R830 ingesamel danksy u vrygewigheid. Ons vra asseblief u volgehoue ondersteuning.  Projektyd tydens ons erediens is vir al die kinders ‘n hoogtepunt.  Dit is ook heerlik vir hulle om ‘n sterretjie te plak op ons projekplakkaat vir elke R5 wat hulle bring. Ons 2de kwartaal projek  is “Kids Imagine” wat in September plaasvind in ons dorp.

Boodskap-onderwerp :  “Jesus en die Emmausgangers” tot “Die kerk word vervolg”.

Bybels :  Ons leer die Bybelboeke aan deur middel van die Bybelboeklied, en ook hoe om in die Bybel op te soek.  So, ons vra groot asseblief :  Stuur  u kind se Bybel saam.  Dit is so lekker vir hulle om in hulle eie Bybels te volg.

Nagmaal :  Ons sal op ‘n ander Sondag as die “grootkerk” nagmaal bedien, wanneer daar ‘n dominee by ons aan diens is.  Laat weet ons asseblief as u nie wil hê u kind moet nagmaal gebruik nie.

Gesinsdiens :  Ons sal voortaan nie as ‘n groep die Gesinsdiens bywoon nie, maar wel die kinders die geleentheid gee om by hulle ouers te sit in die “grootkerk”.  U kan dus direk met u kind “grootkerk” toe gaan.

Afskrifte :  Ek herinner u weer, as u nog nie die R30 betaal het vir afrolkostes nie, om dit hierdie kwartaal saam te stuur asseblief.  Dit is slegs R30 vir die jaar.

Orde binne die Kinderkerk :  Ons begin die tweede kwartaal stiptelik 09:30.    Die erediens is 40 minute, en die klastyd 20 minute waar ons aktiwiteite doen, waarmee die boodskap vasgelê word. Ons sal altyd stiptelik binne hierdie tydskedule werk.  Let asseblief daarop dat ons klassies nie vroeër sal verdaag wanneer die kerk vroeër verdaag nie.  Die personeel doen baie moeite, en wil graag hul lessies/aktiwiteite sinvol afhandel.  Indien die hoof erediens langer aanhou (soos tydens nagmaal), moet ons die kinders in die klassies hou, om nie te steur nie.  Hulle sal dan verdaag wanneer die hoof erediens verdaag.  U kind sal elke Sondag na klas vir u in die saal wag, BEHALWE vir die GRAAD 5 MEISIES wat in die koster se kantoor vergader en VOORSKOOLSE MAATJIES wat in die konsistorie sal wag.

Predikers :  Ek bring elke kwartaal die helfte van die Sondae die boodskap, en ons dominees om die beurt die oorblywende Sondae.

Afwesigheid :  Ons wil mooi vra dat u betyds sal laat weet as u kind nie Kinderkerk gaan bywoon nie (behalwe natuurlik in ‘n noodgeval).  Die personeel doen geweldig baie moeite, en gaan selfs persoonlik kostes aan om u kind se lessie sinvol en genotvol te maak.

Dit sal dus gaaf wees as sy betyds kan weet om nie u kind in te reken by daardie spesifieke Sondag nie.  Somtyds kan ‘n spesifieke personeellid nie daar wees nie, dan reël ons vir ‘n aflos vir ‘n klas van slegs 2 kinders, wat gemaklik by ‘n ander klas sou kon inskakel.  Maak asseblief seker dat u die betrokke personeellid se kontakbesonderhede het.

Dissipline :  Ons ondervind toenemend probleme met kinders wat klassies ontwrig en dit onaangenaam maak vir kinders wat wel wil deelneem.  Ons sal met u in gesprek tree indien u kind hom/haar skuldig maak aan sodanige ontwrigtende gedrag.

Kontak my gerus indien daar enige onsekerheid by u mag bestaan

Groete.  Riëtta Odendal (0829040950 of 0219034963) of  r.odendal@mweb.co.za

Kinderkerk Koördineerder

KINDERKERK PROGRAM :  2018 KWARTAAL  2

10/4     SKOOL HEROPEN                                                  

15/4     JESUS EN DIE EMMAUSGANGERS                                                         1         

22/4     JESUS VERSKYN AAN TOMAS                                                                  2         

U WEET DAT EK U LIEFHET  (NAGMAAL : GROOTKERK)

29/4     AFNAWEEK                         

6/5       HEMELVAARTLES                                                                                        3                                 

10/5     HEMELVAARTDAG

13/5     PINKSTERLES                                                                                                  4                                 

20/5     RESEP VIR ‘N GELUKKIGE GEMEENTE                                                 5                                                         

27/5     PETRUS DROOM VAN ‘N DOEK UIT DIE HEMEL                                 6

3/6       FILIPPUS EN DIE ETIOPIëR :                                                                      7                                             

10/6     GESINSDIENS  (KINDERS SIT BY OUERS IN DIE “GROOTKERK”)

17/6     DIE KERK WORD VERVOLG                                                                       8         

22/6     SKOOL SLUIT

7/7       SKOOL HEROPEN

22/7     KINDERKERK HEROPEN