1 Januarie 2018

Parstyd in die Bottelary

ONS VRA DIE HERE SE SEËN OP DIE PARSTYD.

Almal in die Bottelary word uitgenooi om saam met De Eike Gemeente die Here se seën te vra op die oestyd wat op hande is. Ons bid saam vir ’n geseënde oes en dat die Here elke persoon op elke plaas sal beskerm en bewaar. Kom bid saam – almal is welkom!

Datum: Vrydag 19 Januarie 2018
Tyd: 14:00 vir 14:30
Plek: NG Kerk Kuilsrivier-De Eike, Pionierstraat, Kuilsrivier

Daar is voldoende parkering vir almal.

Vir verdere besonderhede, kontak vir ds. Chris Barnardo by 082 822 6619 of stuur ‘n e-pos aan hom by arauna@mweb.co.za.