14 Mei 2021
“Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag
ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.
Aan U behoort die koninkryk en die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.”
-
Sondagoggend 16 Mei 2021: Matt 6:5-8; Luk 11:1: Inleiding.
Inleiding: Mens kan die “Ons Vader” uit verskillende hoeke benader.
– Ek wil julle neem op ‘n reis deur “Die Gebed van ons Here”.
– Mag die wonder daarvan jou oorweldig en inspireer!
- Waarom bid ons en hoe belangrik is gebed nou eintlik?
– Uit ons gebedslewe lyk dit eerlik nie besonderlik baie nie…
– God weet mos klaar alles en het lankal vooraf besluit! Iemand wat so sê, verstaan nie wat gebed is nie…
- Die versoek van Jesus se dissipels:
– Hoekom vra hulle die vraag van Luk 11? Hulle het by Hom die verskil gesien wat ‘n lewende gebedsverhouding maak.
– Hulle mis die geestelike krag waarmee Jesus optree, soos ons…
- Gebed is ‘n daad van gehoorsaamheid.
– Dis die sleutel: gebed is deel van gehoorsaamheid aan God.
– Dis die “vernaamste deel van ons dankbaarheid”.
– Dit begin by die verwondering dat ons mag bid.
– Dit vra harde werk en toewyding!
– Wanneer jy dan bid, vergeet van jouself. Vergeet al die mooiklinkende formules, die geykte frases. Word regtig stil. En praat met God…
-
Sondagaand 16 Mei 2021: Matt 6:9a ”Ons Vader wat in die hemel is”
- Dit sê ontsaglik baie om Hom “Ons Vader” te noem!
– Daaragter sit die totale verlossingswerk van Christus.
– Ons sê dit in ‘n liefdevolle atmosfeer van totale afhanklikheid.
– Let op die kinderlike eenvoud van die aanspreek: hier gaan dit nie om ons eie welsprekendheid en groot woorde nie.
- Maar Hy is baie spesifiek “Ons” Vader…
– Jy is deel van ‘n familie; daarom is gebed nooit selfgerig en selfsugtig nie.
– Gebed geskied in kinderlike respek en afhanklikheid
- Maar Hy is ook “in die hemel”…
– Verhewe en onbegryplik; dit verhoed enige familiariteit.
– God is almagtig en onbeperk: Hy is nie aards soos ons nie!
“Die Aanhef van die gebed is alreeds ‘n gebed op sigself” – H. Veldkamp
-
Maandagaand 17 Mei 2021: Matt 6:9b “Laat u Naam geheilig word”.
Inleiding. Die Eerste Bede: die belangrikste! Verwoord ons hoogste prioriteit, ons mees brandende begeerte.
– Net daar dop ons gebede reeds die toets, want wie bid so?
– Die volgorde van jou gebed getuig van jou totale lewenshouding
- Maar wat beteken “Geheilig word”?
– In ons wêreld word God se Naam op alle terreine ontheilig.
– Hoe kan ons dit teëwerk? Eerstens deur te bid!
– Jou gebed maak ‘n verskil!
- Sy Naam word geheilig wanneer Hy regtig God is
– Ook in jou lewe! So dra jy nie by tot verduistering van ons wêreld nie
– Onthou, jy dra self sy Naam…
- Jy kan die bede verkeerd verstaan
– Asof dit ‘n passiewe handeling is, en jy is net die toeskouer
– Hoe beter ek God leer ken, hoe dierbaarder raak sy Naam.
– So raak ek self die “vyfde Evangelie”…
-
Dinsdagaand 18 Mei 2021: Matt 6:10a “Laat u koninkryk kom”.
Na die intieme oomblik van die eerste bede rig Jesus ons gebed wyer:
- Hierdie is egter nie ‘n gebed dat die ryk eerste keer moet kom
– God heers nog altyd oor die hele aarde.
– Ook nou, is sy koninkryk aan die kom!
– Maar God wil dat mense dit gewillig sal erken.
- God trek ons in by die koms van sy koninkryk.
– Volgens die kategismus begin dit by ons, nie by heidene nie
– Die gebed begin by ons: dat God ons Koning sal wees.
– Dis ‘n groeiproses, maar gebeur nie vanself nie. Bid daarvoor…
- Maar die gebed rig ons ook wyer
– Maar ons bid dit nie net vir onsself nie, maar vir die kerk.
– Daar is immers ‘n stryd aan die gang…
-
Woensdagaand 19 Mei 2021: Matt 6:10b “Laat u wil geskied”.
Ons leer ken God se wil op twee maniere:
– Dit wat Hy van ons vra (sy gebod), wat ons moet gehoorsaam.
– Dit wat met ons gebeur (sy bestiering), waarby ons moet berus.
- God se wil is nie vir ons ‘n geheim nie (Miga 6:8)
– Hy het ons bekend gemaak wat sy wil is.
– Probleem is net dit staan dikwels reëlreg teenoor ons eie wil.
– Hierdie bede kies vir die wil van God waaraan ons onsself onderwerp.
- Daar is ook ‘n deel van God se wil wat ons nooit verstaan nie
– Ons weet dat niks oor ons pad kom buite God se wil nie.
– Maar ons verstaan dikwels nie dit wat met ons gebeur nie.
– Dit vra méér as gelatenheid. Dit vra vertroue…
- Daarby is dit ‘n gebed vir God se wil oor die hele aarde
– Dis nie beperk tot ons eie klein hoekie nie.
– Maar dit roep ons ook op om God se wil oral waar te maak.
– Na alles bely ons mos dat God se wil goed is.
-
Donderdagaand 20 Mei 2021: Matt 6:11 “Gee ons ons daaglikse brood”.
Met die vierde bede is dit eindelik ons beurt – so anders as gewoonlik!
– Dis vir ons ‘n les in prioriteite; wat tel regtig?
– Jesus het nooit gesê ander dinge van geen belang nie – Hy sê net soek eerste die koninkryk…
- Wat val jou op van hierdie bede?
– “Gee”: geen eis, maar ‘n erkenning dat alles van God kom.
– “Ons”: steeds geen plek vir selfsug in gebed nie!
– “Vandag”: nie ‘n week vooruit nie: daaglikse afhanklikheid.
- Jy mag God nader vir dit wat jy nou nodig het!
– Hy nooi ons immers om ons begeertes na Hom toe te bring (Fil 4:6).
– Maar hoekom bid as God weet wat ons nodig het en sorg?
– Weereens deel van ‘n totale lewenswyse van afhanklikheid van God.
- Maar bowenal is dit ‘n les in wat jy regtig nodig het…
– Jesus vra nie verniet om eers die koninkryk te soek nie.
– Wel word ons vertroue tog ook somtyds getoets…
-
Sondagoggend 23 Mei 2021: Matt 6:11 “Vergewe ons!”.
Jou liggaam het brood nodig, maar jou siel benodig vergiffenis!
- Hierdie bede is ‘n belydenis
– Maar hoekom bely ons soveel makliker ons skuld voor God as voor mense? Beteken dit ons verstaan nie regtig nie?
– Voor God staan ons eerlik, ook met jouself. Geen rol speel nie.
– Dit vee alle versagting en eufemismes weg.
– Die HK noem ons misdadigers… ‘n vreeslike woord!
– En tog mag jy voor God staan met ‘n enkele sin: Vergewe my…
- Om so eerlik voor God te staan, maak ons vry.
– Vir die eerste keer sedert die wegkruip-episode in Eden.
– Die wonder van die verhaal van die man wat van miljoene vrygeskeld is
- Vergiffenis lei tot ‘n nuwe leefstyl.
– Uit die gelykenis van Matteus 18 blyk duidelik: as jy verstaan wat in die troonsaal gebeur het, sal jy ook vergewe.
– Dis ‘n leefstyl van vergiffenis, onlosmaaklik verweef met die vergiffenis waardeur ons self oorweldig is. Wie vergewe is, kan self nie anders as vergewe nie…
- Hierdie leefstyl is net moontlik as God die mag van die sonde oor ons breek.
– So word ons ‘n nuwe skepping, in totale afhanklikheid.
En daarmee, alle eer aan God! (Matteus 6:14b: ”Aan U behoort die koninkryk…”)