9 Julie 2021

 

POPIA

Wat jy alles moet weet…..

 

?          WAT IS POPIA? – POPIA is die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013

 

?          HOE RAAK DIT DIE KERK? – Daar is sekere wetlike vereistes waaraan die kerk moes voldoen soos ondermeer die saamstel van ‘n inligtingsbeleid en die aanstel van ‘n inligtingsbeampte.

 

?          WAT IS ‘N INLIGTINSBELEID? – Dit is die beleid van die kerk wat uiteensit presies hoe daar met lidmate se persoonlike inligting gehandel sal word binne die kerk. Ons kerk se inligtingsbeleid is ter insae by die kerkkantoor en sal ook binnekort beskikbaar wees op die kerk se amptelike webwerf. Jy word hartlik uitgenooi om jouself te vergewis van die inhoud hiervan.

 

?          WAT IS ‘N INLIGTINSBEAMPTE? – Dit is die persoon wat geregistreer word deur die gemeente by die Reguleerder van die wetgewing, as synde die persoon wat binne ons gemeente die verantwoordelikheid neem om toe te sien dat die prosessering van alle persoonlike inligting binne die raamwerk van die wetgewing geskied. In ons gemeente is hierdie persoon Mariana van Schalkwyk en haar adjunk is Elmarie Scholtz, met ander woorde die dames wat huidiglik die kerkkantoor beman.

 

?          HOE RAAK DIT JOU? – Jy moet toestemming gee tot die prosessering van jou inligting. Ons beleid bepaal dat die toestemming by implikasie verskaf word deur persone wat lidmate van ons kerk was teen    1 Julie 2021 tensy ons jou skriftelike beswaarvorm ontvang. Jy kan ook ‘n toestemmingsvorm by die kerkkantoor gaan voltooi indien jy verkies om uitdruklik toestemming te gee.

– Jy moet jou vergewis van die inhoud van ons inligtingsbeleid

– Wanneer jy vir welke rede ookal inligting ontvang binne gemeenteverband moet jy altyd onthou dat daardie inligting vertroulik is en slegs deur jou aangewend mag word vir die doel waarvoor jy dit ontvang het.

– Wanneer jy inligting so ontvang binne gemeenteverband, sal daardie inligting aan ‘n unieke wagwoord gekoppel wees wat slegs aan jou en die inligtingsbeampte bekend is.

?          Wees gerus en verseker dat dit ons kerk se beleid is dat alle inligting binne ons gemeente streng vertroulik en binne die raamwerk van die toepaslike wetgewing hanteer sal word.