Genesis 32:1 - 32

Datum: 6 Augustus 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Vanoggend kom ons REEKS tot ‘n einde, ons reeks oor Jakob die hakskeen-gryper.
  2. Jakob is betrokke in ‘n vreemde geveg. Dit is in die nag, terwyl hy wag, dat een van die vreemdste episodes in die Ou Testament afspeel. Jakob stoei met ’n vreemdeling wat op ’n manier God self is. Jakob kry ’n nuwe naam en daarmee saam ’n nuwe identiteit: Israel - “om te worstel met God.”  So word die aartsskelm, die aartsvader.
  3. Wat leer ons? Watter betekenis het hierdie teks in my lewe?

Waar daar 'n ontmoeting met God is, word nuwe moontlikhede geskep. 

l Jakob se ontmoeting met God loop oor tot 'n nuwe ontmoeting met sy broer. 

Dink terug oor jou lewe, aan tye waar jy die ervaring gehad het dat jy stoei: stoei om om sin te maak, stoei in jou verhoudings. Stoei om emosionele pyn te verwerk. Stoei om net te oorleef in hierdie harde vinnige wêreld.  Raak bewus van hoe dit ook tye was van groei.  Tye wat jy ontdek het waaroor die lewe eintlik gaan en tye toe jy jou prioriteite aangepas het.

4. Slot. Vir mense wat dit moeilik het en met die lewe stoei en sukkel om vir God in alles raak te sien, kom dit hierop neer: “Kry ’n bulhond greep op jou geloof en byt vas.” Dit maak nie saak wie jy is en waar jy jouself tans in die lewe bevind, of hoe steil die opdraende vir jou is nie. Hou vas, staan stewig en moet nooit opgee nie.