Spreuke 3:5-10

Datum: 25 Augustus 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Vertrou op die Here met jou hele hart. Ons tema vanoggend is: BLY IN DIE SPORE. Vertroue in God beteken dat ons Hom eerste stel in ons lewens, selfs wanneer dinge nie sin maak nie. Dalk begeef jy jouself in baie moeilike omstandighede. Bly tog net in die Spore. Al verg dit dat ons ons eie verstaan en planne opsy moet skuif en God se wil en leiding moet soek. Bly in Sy spore.
  2. Moenie op jou eie insigte staatmaak nie (vers 5). Moenie gryp na, op die oog af makliker kitsoplossings nie. Bly in SY Spore. Ons insigte, ons kennis en ons wysheid is beperk. Ons kan so maklik mislei word deur ons eie denke, gevoelens, of deur die wêreld se standaarde. Daarom moet ons ons verstaan voortdurend aan God se Woord en leiding toets en onderwerp. In plaas daarvan om op ons eie planne staat te maak, moet ons God se wil soek in gebed, Sy Woord bestudeer en die leiding van die Heilige Gees volg. Bly in Sy Spore.
  3. Ken hom in alles wat jy doen (vers 6. Om God in alles te ken beteken om in elke aspek van ons lewens Hom te raadpleeg. Dit beteken dat ons bewus sal wees van Sy teenwoordigheid in ons lewens. Dit verg volgehoue vertroue in die Here in alles waarmee ons besig is. Jou beroep, jou familie en gesin, al jou besluite en ook jou beursie. In ALLES bly in Sy spore. WANT, Om in die Spore van die Here te bly is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Vers 8. Om in Sy Spore te bly gee jou vrede en gemoedsrus.
  4. Jesus is ons perfekte voorbeeld. Jesus wys vir ons wat dit vat om in God se Spore te bly. Jesus was gehoorsaam tot die dood toe, selfs die dood aan die kruis (Filippense 2:8). Ons is daartoe geroep om Jesus se voorbeeld te volg en in Sy Spore te bly, in die goed, beter en beste tye, maar ook in die moeilikeen rowwe tye: Dit is hoe ek 1 Petrus 2 vers 21 verstaan: Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ’n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

BLY IN DIE SPORE