Johannes 15:1-8

Datum: 24 Augustus 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Inleiding. Die doel van vanoggend se Woordverkondiging is om te hoor wat Jesus vir ons sê. Jesus sê vanoggend : “Bly In My”, en dit is wat die Nagmaal se betekenis so besonders maak.

Die Ware Wingerdstok. In Johannes 15 gebruik Jesus die beeld van die wingerdstok en die lote. En Jesus sê: “Bly in My”. Die Nagmaal is die sigbare teken dat hierdie inblywing werklik is:

  • Die brood – sy liggaam, wat ons voed.
  • Die wyn – sy bloed, wat ons lewend hou.

Soos voedsel in jou liggaam opgeneem word en deel van jou lewe word, so word Christus deur geloof deel van jou hele bestaan.

Die nagmaal as inblywing. Wat sê ons vir mekaar vanoggend?

Die Nagmaal bevestig ons eenheid met Christus.

  • Nagmaal versterk ons in die geloof.
  • Die Nagmaal roep ons op om vrug te dra.

Wat beteken dit vir ons in ons hedendaagse lewe?

Wanneer jy by die Nagmaalstafel sit:

  • Herinner jouself: “Ek is in Christus, Hy is in my”.
  • Erken jou afhanklikheid: Sonder Hom kan ek niks doen nie.
  • Ontvang die versterking: Laat die tekens jou geloof voed.
  • Staan op en dra vrug: Gaan leef soos iemand wat deur Christus self gevoed is.

Slot. Die nagmaal is die viering van die misterie dat Christus nie net vir ons gesterf het nie, maar in ons leef.En soos die loot sy lewe kry deur die wingerdstok, so kry ons, ons lewe deur Jesus.