2 Korinthiërs 4:1-15 (AFR20)

Datum: 22 Maart 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Paulus se woorde in 2 Korintiërs 4:5 is soos ’n anker: ““Ons verkondig immers nie onsself nie, maar Jesus Christus as Here.” Hierdie vers help ons om vandag reg te kyk..
  2. Nie onsself nie. Daar is net Een, Hy is die Een. Paulus skryf hierdie woorde in ’n tyd toe sy apostelskap bevraagteken is. Dis ’n bevrydende waarheid - Geen mens is die middelpunt nie. Die kerk behoort aan Jesus Christus as Here.
  3. Christus Jesus as Here Die hart van hierdie teks lê in daardie een belydenis: “Jesus Christus as Here.” Nie net as Verlosser nie - maar as Here. Here van die verlede wat ons saam gedeel het. Here van die hede waarin julle nou staan. Here van die toekoms wat vir De Eike Gemeente oopgaan.
  4. “Onsself as julle diensknegte” - die hart van bediening. Paulus voeg iets baie persoonlik by:“…en onsself as julle diensknegte, ter wille van Jesus.” Bediening gaan nooit oor mag of posisie nie.Daar is nie ‘n rangorde of hiërargie in die kerk nie.Dit gaan oor diens.
  5. Slot. De Eike Gemeente se toekoms rus nie in menslike hande nie. Dit rus in die hande van Hom wat gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde bly. “Ons verkondig immers nie onsself nie, maar Jesus Christus as Here.” Mag dit altyd waar wees van De Eike Gemeente. Ook lank ná vandag.

DAAR’S NET EEN...HY’S DIE EEN!