Efesiërs 5:22-33; Efesiërs 6:1-4

Datum: 2 Junie 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

1. Inleiding. Vanoggend fokus ons op die belangrikheid van die gesin waar geloofsgewoontes aangeleer en ingeoefen word. Ons kyk hoe die gesin funksioneer as 'n "mini kerk" en wat dit vir ons geloof en ons alledaagse lewe beteken.
2. Die mini-kerk se Bybelse rolverdeling.
a. Die gesin as die eerste plek van onderrig. Efesiërs 6:4 sê, En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.
b. Die rol van ouers as geestelike leiers. Ouers moet as geestelike leiers van hul gesinne optree. Hulle moet voorbeelde van Christelike waardes stel en uitleef. Gebed, Bybelstudie en deelname aan die gemeente se bedienings en aksies is nodig om ‘n gesin toe te rus.
c. Liefde en respek binne die gesin. Die verhouding tussen man en vrou wys vir ons hoe gesinne in liefde en respek teenoor mekaar moet funksioneer Dit is die weerspieëling van Christus se liefde vir die kerk.
d. Kinders se rol. Kinders moet respek en gehoorsaamheid aan hul ouers toon. Dis-respek is die teelaarde vir ‘n ongesonde huishouding en samelewing.
3. Die funksie van die mini-kerk.
a. Die gesin as 'n plek van aanbidding. 'n Gesin wat saam aanbid, bly saam. Gereelde gesinsbyeenkomste om te bid en Bybel te lees is belangrik. Rondom die tafel is die plek waar gesinne hierdie geloofsgewoontes aanleer om te gaan uitleef.
b. Lering en diensbaarheid. Gesinne wat saam dien en ander help, is gesinne wat die liefde van Christus aan die wêreld wys.
4. Slot. Die gesin is inderdaad 'n “mini-kerk”. Dit is waar ons die basiese beginsels van ons geloof leer, waar ons leer hoe om lief te hê en te dien soos Christus, en waar ons in 'n hegte verhouding met God groei