Markus 16:1-8
Datum: 7 April 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Verlede Sondag het Johan gelees van twee vroue op pad na die Rotsgraf toe.
- Min wetende dat niks ooit weer dieselfde sou wees nie.
- Wat het hulle verwag die oggend? Niks buitengewoons nie.
- Hulle het skoon vergeet van daardie rots voor die graf.
- En toe kry hulle die engel daar...
- Aardskuddende nuus!
- Nuus wat alles verander: Jesus het die dood oorwin!
- Die lig het deurgebreek in ons bestaan, want Jesus lewe!
- En dan die vreemde wending. Die evangelie eindig regtig stomp.
- Wat maak ons met so ‘n stomp einde?
- Dit was vroeg al vir gelowiges ‘n probleem.
- Hoekom sou Petrus so ‘n beeld die wêreld wou instuur?
- Daarom het Christene baie vroeg al ‘n ander einde geskryf.
- Die vraag is, waarom hierdie ”Kort Slot”?
- Is dit maar deel van die rou ongekunsteldheid van Markus se Evangelie?
- Of is dit juis een van die aangrypendste gedeeltes van die Bybel?
- Is dít hoe dit is as die ewigheid inkom in ons aardse bestaan?
- Dit laat my wonder het oor ons ervaring van God se teenwoordigheid.
- Hoeveel verstaan ons regtig van die drama van die Paasmôre?
- Is alles nie dalk vir ons net te doodgewoon nie?
- En die doop...?