1 Joh 3:16
Datum: 30 Augustus 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Ds Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding. Die wêreld wil ons voortdurend probeer leer om net aan onsself te dink. Wat wil ek hê? Wat verdien ek? Wat kry ek hieruit? Wie sien my raak? Dit is die taal van die wêreld waarin ons leef.
Maar daar is ‘n ander manier van leef. As iemand net na die manier kyk waarop ek my tyd, aandag, energie en hulpbronne gebruik — sal hulle daarin die liefde van Jesus Christus kan sien? Dít is die hart van ’n dienaar.
- ’n Dienaar vra: “Wie het my nodig?” Die vraag word daarom: “Here, wie het U vandag op my pad geplaas wat ek kan bedien?”
- ’n Dienaar weet: “Dit is aan my toevertrou” Die vraag is: “Wat doen jy met wat Hy aan jóú toevertrou het?”
- ’n Dienaar het nie applous nodig nie. Ons dien nie om God se liefde te verdien nie. Ons dien omdat ons reeds sy liefde ontvang het.
- Slot. “Here, U het my eerste liefgehad. Wys my wie ek vandag kan bedien met dit wat U aan my toevertrou het.”

