Openbaring 4 & 5

Datum: 14 Julie 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar\

Hoe is dit moontlik dat God Koning is, en ons sien so min daarvan?

- Moet ons aflei dat God nie regtig in beheer is nie?

- Wat sê Johannes vir hulle?

- Hy skrywe vir hulle hierdie ”skatkamer van die Bybel”.

 

  1. Openbaring 4: Die heerlike teenwoordigheid van God.

- Wat jou opval, is Johannes se sprakelose verwondering.

- Tussen al die detail moet jy nie die 24 ouderlinge mis nie...

- Hulle verteenwoordig die Kerk van die Here. En hulle dra krone!

- Eintlik is die hele skepping daar, en hulle dien en eer die Skepper.

 

  1. Die Boekrol.

- En dan breek die dramatiese oomblik aan, en ons sien die boekrol.

- Dis die totale plan van God met sy skepping. Maar dis verseël.

- Lyk dit soms vir jou asof God se plan nie gaan uitkom nie...?

- Een van die ouderlinge kom troos vir Johannes.

 

  1. Johannes sien die Lam.

- En dan sien die Lam. Hy het die prys betaal en Hy het oorwin.

- Aan Hom behoort al die mag. Hy is geen slagoffer nie. Hy is Oorwinnaar!

- Hy laat God se plan in vervulling gaan! Daarom bars die loflied uit.

- ‘n Massakoor wat ons insluit, want die Lam het oorwin!