Markus 1: 1-8

Datum: 10 Desember 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Johannes het verstaan dat God op die punt was om iets te doen wat die fondamente van die aarde sou skud en hy moes die weg voorberei vir daardie gebeurtenis. Hy het dit basies op drie maniere gedoen:
  2. Eerstens het Johannes die Doper die weg voorberei deur met integriteit voor God te lewe. Johannes se toewyding was ononderhandelbaar en sy getuienis, sy lewe het die weg vir Jesus voorberei.
  3. Tweedens het Johannes die Doper die weg voorberei deur die mense se sondes uit te wys. Hy was nie die populêre stem nie. Johannes se oë was op Hom gerig. Is ons gereed om sy werk voort te sit?

4.         Derdens het Johannes die Doper die weg voorberei deur na Christus te wys. Hy was bewus daarvan dat die tyd min raak. In sy vurige boodskap het hy nie tyd gehad vir beuselagtighede nie. Johannes het weg van homself na Jesus gewys, die Goeie Nuus. Dit is wat ons moet doen terwyl ons nader stap na Kersdag. Ons lewens moet wys na Jesus, Jesus wat die sonde van die wêreld weggeneem het. Want die mense wil vir Jesus sien.