MARKUS 10:35-45

Datum: 17 Oktober 2021 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Dis maklik om mense te veroordeel!

- Jy lees in die Bybel die storie van Judas Iskariot.

- Hy het net besluit Jesus is tog nie wat hy wil hê nie...

- En hierdie twee broers (en hulle ma!): Hoe kon hulle só verkeerd verstaan?

 

  1. Tog praat die Bybel nie net negatief oor hulle nie!

? Hulle het geglo: dat Jesus geen gewone mens is nie, dat God se koninkryk op hande is.

? Gelowige kerkmense: hulle het al iets gesnap i.v.m. die Evangelie!

 

  1. Maar tog verstaan hulle nog nie.

- Die verkeerde goed is vir hulle belangrik.

- Dis net baie duidelik dat hulle Jesus eintlik nog glad nie ken nie.

? En die ander 10: ewe ontsteld ? maar waaroor? Eintlik wou húlle die ereplek self  hê!  Hulle dink nog aards...

Dis die nederiges, die kinders, aan wie die koninkryk behoort...

 

  1. En dit bring die Bybel by my en jou uit.

? En ek en jy? Hoeveel verstaan ons werklik van wie Jesus is?

- Ons staan dalk vanoggend hier voor die kansel en sê “Ja!”

- Maar wys ons optrede nie dalk dat ons min benul van die Evangelie het nie?

- En daarom is die vraag van Mark. 10: Ken jy regtig vir Jesus?

- Wie IS Jesus nou eintlik? Hy is die Dienaar: kom ons leer dien.

? As jy regtig groot wil wees, moet jy almal se dienaar wees.