Matteus 25: 1-13

Datum: 12 November 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Trou is nie perdekoop nie!

- ‘n Trouery is ‘n gróót en duur organisasie!

- Maar dis nog niks teen wat dit in Jesus se dae was nie!

- Dis heel verstaanbaar dat die bruidsmeisies onkant gevang is...

- Maar in daardie tyd totaal onaanvaarbaar!

 

  1. Die gelykenis van die 10 meisies

- Wakker word is ‘n tema wat ons oor en oor in die Nuwe Testament kry.

- Omtrent 1/3 van Jesus se 29 gelykenisse gaan daaroor!

- Waarvan hierdie een dalk die bekendste is.

- Maar troues was anders in daardie dae. Dit was die bruidegom se groot dag!

- En so mis helfde van die bruidsmeisies die troue...

 

  1. Groot lesse oor die wederkoms

- Jy het dalk simpatie met die arme meisies!

- Maar eintlik wil Jesus ons oor die wederkoms leer:

2.1.  Die Bruidegom kom beslis weer.

2.2. Niemand weet wanneer die Bruidegom kom nie. 

2.3. Nie almal (selfs in die kerk!) gaan gereed wees daarvoor nie

              2.4. Ons sal nie daardie dag vir mekaar kan instaan nie.

 

  1. Daarom is dit nóú die tyd om wakker te word!