Lukas 5:1-11
Datum: 12 November 2017
Prediker: Chris Barnardo
Daar is ’n storie oor manne wat gaan visvang het. Hulle het deur die hele nag probeer visvang maar het met leë hande teruggekom. Niks gevang nie. Maar die manne het nie met leë hande huis toe gegaan nie. Weet julle hoekom nie?
Want Jesus het opgedaag! En Jesus sê vir Simon Petrus om diepwater toe te vaar en die nette uit te gooi.Hulle doen dit toe en die nette was tot oorlopens toe vol met vis. Sodanig dat hulle maats moes kom help.
TOEPASSING
Jesus sê vir die vissermanne dat hulle nie meer vis gaan vang nie, maar dat hulle mense gaan vang.
Dis hoe die kerk groei. Om mense te vra om Jesus se kinders te word. Maar dan kan jy nie op die wal sit en luilekker niks doen nie. Jy moet diepwater toe. En jy moet Jesus vertrou. Jy moet radikaal anders wees.
De Eike kan net oorleef as ons radikaal anders gaan wees. Dit is gemaklik en gerieflik om net te ontvang. Om na binne gerig te wees. Dit kos iets om diepwater toe te gaan. Dit kos iets om te wêreld te verander.
OORGANG
Twee weke gelede was ’n Gideonsbendetjie diepwater toe. Nuwerus toe. Radikaal anders as waaraan lidmate gewoond is moes elkeen op die uitreik bereid wees om die onbekende in vertroue saam met Jesus in te vaar. En Jesus het ons laat anker uitgooi in Nuwerus. ’n Lewens veranderde ervaring.
TERUGVOER OOR DIE UITREIK
Op Nuwerus het meer gebeur as wat die Uitreikspan verwag het!
Volg die klankgreep hierby ingesluit.
FASE 1
Beplanning
FASE 2
Vertrek en bene-rek-tye.
Fase 3
Aankoms in Nuwerus. (Verwelkoming en elkeen kry ’n lêplek vir die naweek.)
Fase 4
Basaar
Fase 5
VGK Uitreik – Waslappie en Bybel)BRIGETTE
Fase 6
Bediening van die tannie met kanker. (FRANCI)
Fase 7
Erediens en nagmaal
Fase 8
Uitdeel van die veevoer. (Sias Broodjies en vissies.)
Fase 9
Die lang pad terug huis toe.
AUDIO BOODSKAP VAN AMANDA
SLOT
Kom ons gaan vang vis.
Kom ons gaan diepwater toe.
Kom ons wees radikaal anders.
Kom ons verander die wêreld
JESUS SE WOORDE: MOENIE BANG WEES NIE, DRYF MY OM RADIKAAL ANDERS TE WEES
AMEN